Hoe om ’n nader verhouding te hê?

Deel spasie.  Deel aktiwiteit. Deel belangstelling.

Het jy al agtegerkom hoe mense spasie gebruik om ander te straf?  Sodra jy nie van iemand hou nie of sodra iemand iets doen waarvan jy nie hou nie jy spontaan die spasie tussen julle groter maak.  Tree weg.  Gaan na ’n ander vertrek of gaan staan by ander mense.  Wanneer jy nader aan iemand wil kom, is dit belangrik om lewenspasie te deel.  Die spasie tussen mense vertel baie van die verhouding tussen hulle.

Wanneer jy dit regry om nie slegs spasie te deel nie, maar ook aktiwiteit, is jy besig om nader te beweeg.  Dit skep die atmosfeer van saam.  In die gedeelte aktiwiteit deel mense die uitdaging wat die aktiwiteit bied asook in die teleursteling van mislukking en die vreugde van sukses.  Hierdie gedeelde belewenis het die vermoë om mense nader aan mekaar te bring.

Dit is belangrik om ander se belangstelling te deel.  Wanneer die aktiwitiet nie in die belangstellingsveld van die ander persoon is nie sal daardie persoon nie entoesiastes deel nie en voortdurend soek na geleenthede om iets anders te gaan doen.  Wanneer jy nader aan iemand wil beweeg is dit belangrik om hul belangstelling te deel. 

Dit kan wees dat een van die elemente reeds ’n verskil kan maak.  Wanneer jy al drie die elemente saam gebruik dan sal die resultate waarskynik beter wees.  Daar is egter ’n volgorde daaraan.  Deel eers plek. Deel dan aktiwiteit.  Deel dan belangstelling.

Leef nader aan die mense rondom jou.

This site uses cookies to offer you a better browsing experience. By browsing this website, you agree to our use of cookies.