Aan die redes vir wat verkeerd is in mense se lewens is daar geen einde nie. Die menslike kreatiwiteit is bodemloos in die vermoë om jou ego te beskerm. Die een item wat jy baie min op jou eie lysie kry is – jyself.
Tag Archives: Afrikaans
Mense kom in beweging vir verskillende redes. Party wil weg kom uit ‘n slegte situasie, maar vind dit moeilik. Sodra hul die regte dinge doen en hul situasie verbeter, val hul terug na hul ou gewoontes en hul ou situasie.
Mense maak afleidings vanuit hul lewenservaring wat hul dan veralgemeen asof dit op elke plek en in elke omstandigheid waar is.
Jy sal nie weet wat jy kan doen, totdat jy dit gedoen het nie.
Wanneer jy ‘n great dag wil hê, kies om die dag deur te deurleef met jou positiewe neurologiese baan. Wil wat jy moet doen en doen wat waarde het. Dit voel great.
Deel spasie. Deel aktiwiteit. Deel belangstelling.
Een van die maniere waarop mense die kwaliteit van verhoudings kan meet is deur middel van oogkontak.
Jou lewensingesteldheid dryf jou optredes. Wanneer die Here Jesus Christus die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan vertel dan openbaar hy nie net die ingesteldheid waarmee Hy met mense omgaan nie, maar ook die ingesteldheid wat hy verwag sy volgelinge in die wêreld moet openbaar.
Genade as die fondament help ons om die res van die evangelie te verstaan.
Onder die druk van ‘n vinnig veranderende wêreld het gelowiges se leefruimte ‘n moeras geword waarin hul onseker is wat en hoe om te glo.










