Bepaal die verlede die resultate in jou lewe?

Vir die eerste oog op slag wil elkeen van ons sê: Nee!  Elke mens het mos ‘n keuse.  Darwin en Freud was verkeerd.  Jou lewe is nie maar net die gevolg van dinge wat in die verlede gebeur het nie. 

Nogtans is ons praat anders.  Wanneer jy probeer om iemand te verstaan wat doen jy?  Jy hoor waar die persoon vandaan kom, wat sy geskiedenis is en wat gebeur het in sy lewe.  Wanneer jy jou eie gedrag wil verduidelik hoe dikwels verduidelik jy dit nie in terme van wat in die verlede met jou gebeur het nie?

Terwyl elkeen van ons graag die mag wil hê om vry van die verlede opnuut vandag te kan kies – weet ons dat die verlede ‘n rol speel in die keuse wat jy maak.  Nogtans is daar nie ‘n direkte verband te trek tussen die keuses wat jy maak en jou verlede nie.  Sommigge mense deel ‘n soortgelyke verlede, maar maak uiteenlopende keuses.  Dit laat die vraag ontstaan – presies hoe is dit dat die verlede jou besluitneming vandag beïnvloed?

Dit gaan nie in die eerste plek om wat gebeur het nie, maar om die afleiding wat jy oor jouself gemaak het, direk nadat die betekenisvolle insident gebeur het!  Veronderstel jy is deur een of ander omstandigheid te na gekom.  Dit is nie die te na koming wat jou besluite in die toekoms bepaal nie, maar wel die afleiding wat jy daaruit gemaak het.  Uit hierdie te na koming kan jy aflei dat jy ‘n slagoffer is en verdien wat met jou gebeur het.  Hierdie afleiding word dan die riglyn waarvolgens jy in die toekoms jou besluite neem.  Die werklikheid is egter dat jy ook ‘n ander afleidinig kan maak.  Bv. Uit hierdie gebeurtenis is ek toegerus vir die res van my lewe.  Dit beteken dat jy dan beter besluite in die res van jou lewe sal neem.

Jy sien – dit is die afleidings wat jy gemaak het,  wat die verlede in jou besluite van vandag indra.  Nou kan jy vra:  Werk die afleidings vir my of nie?  Die wonderlike ding van afleidings is dat hulle kan verander.  Nou is dit jou verantwoordelikheid om seker te maak dat die afleidings wat jy oor die dinge in die verlede gemaak het, jou vandag sal ondersteun. 

This site uses cookies to offer you a better browsing experience. By browsing this website, you agree to our use of cookies.