Category Archives: Personal Coaching

Drie vrae wat jou help om te kry wat jy graag wil hê.

Die waarde van ‘n vraag is geleë in die kwaliteit van die antwoord wat dit ontlok. Party antwoorde is sommer op die punt van die tong, maar ander vereis dat jy ‘n bietjie daaroor sal dink. ‘n Goeie vraag stimuleer ‘n denkproses waarin die resultaat ‘n goedgeformuleerde en geloofwaardige antwoord is.

Die mense rondom jou

Kyk vandag na die mense rondom jou – by die huis, by die werk en orals waar jy kom. Elkeen van daardie mense het die vermoë om dit wat jy vandag te wil bereik moeiliker te maak of om jou te help om dit te bereik. Die vraag is hoe moet jy wees om die mense rondom jou te verander in ‘n span wat saam met jou werk om jou dag vreugdevol te maak?

This site uses cookies to offer you a better browsing experience. By browsing this website, you agree to our use of cookies.