Wanneer mense nie die waarde insien van dit waarmee hul besig is nie, verloor hul vinnig motivering en deursettingsvermoë. Dit is hierdie betekenislose dinge wat jy elke dag moet doen wat jou energie steel. Daarteenoor, wanneer jy besig is met dinge wat betekenisvol is, sal jy vind jy het meer energie. Die vraag wat jy moet antwoord is: Hoe meet jy die betekenis van die dinge waarmee jy besig is?
Geld is nie ‘n maatstaf vir betekenis nie. Daar is baie dinge wat jy doen, wat ‘n verskil maak, maar nie noodwendig geld maak nie.
Ook is resultate nie altyd ‘n maatstaf vir betekenis nie. Dikwels is die belangrike goed wat jy doen wat werklik ‘n verskil maak, juis van daardie dinge wat jy nie kan meet nie.
Wanneer jy betekenis wil toeken aan dit waarmee jy besig is, dink aan die verskil wat jy maak aan ander mense se lewens. Die taak mag moontlik klein wees, maar uiteindelik kry dit groot betekenis omrede dit mense se lewens positief impakteer. Jou lewe gaan nooit slegs oor jouself nie, maar ook oor die verskil wat jy in die wêreld bring.
Waarde is nie altyd onmidellik nie. Partykeer moet jy op die kort termyn met iets besig wees om in die lang termyn waarde daaruit te vind. Dit bly steeds die moeite werd. Daar is baie waarde daarin te vind om jou besig-wees vandag te rig op die langtermyn uitkoms wat jy graag wil bereik. Dit bou verbintenis en bring deursettingsvermoë.

