Drie vra wat jou help om te kry wat jy graag wil hê.

Waarnatoe is jy op pad?  Mense kom in beweging vir verskillende redes.  Party wil weg kom uit ‘n slegte situasie, maar vind dit moeilik.  Sodra hul die regte dinge doen en hul situasie verbeter, val hul terug na hul ou gewoontes en hul ou situasie.  Die probleem – hul het nooit gesê wat hulle in die plek van hul slegte situasie wou hê nie.  Jy sien, sodra jy weet wat jy in die plek wil hê word dit ‘n krag wat jou nader trek.  Dit is egter nie genoeg om net te weet waarnatoe jy op pad is nie.  Jy moet die volgende vraag ook kan antwoord:

Waarom wil jy beweeg?  Geen groei of beweging in enige rigting is maklik nie.  Dikwels gaan dit gepaard met uitdagings, hindernisse en ander weerstand.  Hierdie hindernisse kan intern, in jouself wees, of ekstern, buite jouself wees.  Wat jy egter nodig het om die hindernisse te bowe te kom en die veranderinge aan te bring wat jy moet sal jy ‘n goeie rede moet hê.  Daarom sal jy moet weet waarom jy wil beweeg?

Hoe gaan jy daar kom?  Dit is die vraag wat die beweging moontlik maak.  Indien jy nie glo dat dit moontlik is om daaruit te kom nie sal jy waarskynlik nie in beweging kom nie.  Dit is dus nodig dat jy die groot beweging afbreek in kleiner logiese stappe waar jy elke stap duidelik afgemeet het tot op die eerste tree.

Al wat nou oorbly is om die eerste tree te gee.

Gee dit vandag.

This site uses cookies to offer you a better browsing experience. By browsing this website, you agree to our use of cookies.