Grondwaarhede vir die Christelike lewe

1 Timoteus 1:2 Aan Timoteus, my eie kind in die geloof. Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Here!


Pisa beteken letterlik “Moeras”. Die naam van die dorpie in Italië teen die oewer van die Arno rivier beskryf die grond waarop daar gebou word. Moeras. Die bou van die kloktoring agter die katedraal het vyf jaar nadat dit begin bou is a.g.v. die moerasagtige omgewing en die swak fondasie begin om aan die suide kant weg te sak. Vandaar die leuenede toring van Pisa.

In ‘n sekere sin beskryf dit die uitdaging vir gelowiges in die moderne lewe. Onder die druk van ‘n vinnig veranderende wêreld het gelowiges se leefruimte ‘n moeras geword waarin hul onseker is wat en hoe om te glo. Sonder ‘n sterk fondament waarop jou geloofslewe berus loop gelowiges gevaar om in die wêreldmoeras van anti-christelike denke weg te sak.

Die soeke na ‘n stewige fondament is nie maklik nie. ‘n mens loop telkens die gevaar om iets te kies, maar iets anders uit te laat. Wanneer Paulus aan Timoteus skryf herinner hy hom reeds in sy groet aan die drie konsepte wat so kenmerklik is van die evangelie dat dit gebruik kan word as riglyn om die ganse evangelie te verstaan. Hierdie drie gedagtes dien as grondwaarhede waarop die hele evangelie van Jesus rus. Die fondament. Genade, Barmhartigheid en Vrede.

Hoe vergelyk dit met die fondament waarop jy jou lewe bou?

Uit: Grondwaarhede vir die Christelike lewe.

This site uses cookies to offer you a better browsing experience. By browsing this website, you agree to our use of cookies.