Doen iets uitdagends!

Jy sal nie weet wat jy kan doen, totdat jy dit gedoen het nie.  Het jy al agtergekom hoe jy vir jouself grense stel met jou eie gedagtes?  Watter werklike bewyse het jy daarvoor dat jy iets kan doen of iets nie kan doen nie? 

Dit is wanneer jy iets uitdagends – vir jouself – doen dat jy die beste reageer.  Top sportmense sê altyd dat hul graag teen die bestes in die wêreld wil meeding.  Weet jy hoekom? Want dan presteer hul self op hul beste.  Selfs al sou hulle nie die kragmeting wen nie.

Vir meeste mense is dit genoeg om klein dingetjies aan te pak wat hul maklik kan bereik.  Dit is nie verkeerd nie.  Moet net nie die verwagting hê dat hierdie klein dingetjies jou gaan laat groei nie.  Dikwels is die klein dingetjies dan ook nog so klein dat hulle geen dringendheid by jou skep nie.  Omdat jy dink dit is maklik dat jy nie die nodige aandag gee nie en dan word dit nooit uitgevoer nie of  dit word eenvoudig afgeskeep. 

Wanneer jy egter iets uitdagends aanpak is daar by jou ‘n dringendheid om jou voor te berei, jy oefen om dit te breik en dit maak dat jy vir die uitdaging beter voorbereid is. vreemd genoeg voltooi mense meer geredelik ‘n groter uitdaging as die kleiner een wat onbenullig is.

Die groter uitdaging dra saam ‘n groter risiko van mislukking.  Een van die maniere hoe jy weet dat jou uitdaging nie te klein is nie, is wanneer jy dit die eerste keer nie reg kry nie.  Daar is min dinge in die lewe wat mense die eerste keer regkry.  Wanneer jy jou uitdaging die eerste keer regkry, weet jy dit was te klein.  Mik vir groter.  Dit beteken dat jy jou vrees vir mislukking sal moet verloor.  Eerder sal jy dit moet vervang met ‘n gedagtegang wat sê:  Daar is geen mislukking nie, ek moet net ‘n beter manier vind om dit te doen.

Die grootste rede waarom jy ‘n groot uitdaging moet kies is die afleidings wat jy as gevolg daarvan maak oor jouself.  Hierdie afleidings is die bewyse van wat jy kan doen! 

Nou bou jy jou selfvertroue.

Kies ‘n groot uitdaging.

This site uses cookies to offer you a better browsing experience. By browsing this website, you agree to our use of cookies.