Vandag word mense oorlaai met die gedagtes van die buitengewone. Buitengewone prestasies. Buitengewone gawes. Mense het buitengewone verwagtings. Geen wonder dat kinders die afleiding maak dat indien hulle nie buitengewoon is, hulle nie tel nie of nie gelukkig kan wees nie.
Tag Archives: Afrikaans
Die waarde van ‘n vraag is geleë in die kwaliteit van die antwoord wat dit ontlok. Party antwoorde is sommer op die punt van die tong, maar ander vereis dat jy ‘n bietjie daaroor sal dink. ‘n Goeie vraag stimuleer ‘n denkproses waarin die resultaat ‘n goedgeformuleerde en geloofwaardige antwoord is.
Kyk vandag na die mense rondom jou – by die huis, by die werk en orals waar jy kom. Elkeen van daardie mense het die vermoë om dit wat jy vandag te wil bereik moeiliker te maak of om jou te help om dit te bereik. Die vraag is hoe moet jy wees om die mense rondom jou te verander in ‘n span wat saam met jou werk om jou dag vreugdevol te maak?
Die geheime bestandeel in jou lewe, wat die grootste verskil in jou lewe maak is nie jou omstandighede of hoe gelukkig jy is nie. Is jy self. Jy is die grootste gawe aan jouself.
Wanneer mense nie die waarde insien van dit waarmee hul besig is nie, verloor hul vinnig motivering en deursettingsvermoë.
Vir die eerste oog op slag wil elkeen van ons sê: Nee! Elke mens het mos ‘n keuse.
Het jy al gewonder oor die effek wat jy op ander mense het? Jy het mos al die gevoel gekry dat iemand “af” praat na jou toe?
Hier is ‘n lekker oefening wat elkeen vandag kan gaan doen. Doen vandag iets wat vir jou uitsonderlik lekker is.
Jy weet wat jy wil hê en jy wat jy moet doen om dit te kry, maar jy het dit nog nie! Waarom nie? Dikwels is dit nie die omstandighede daarbuite wat mense weerhou om te kry wat hulle wil hê nie, maar juis hulleself.
Almal is besig vandag. Elkeen het meer as een rol om te vervul. Mense beleef al hoe meer druk tussen werk, gesin en persoonlike ontwikkelling.










